Moskee van die Twee Kieblas

Al-Masdjid al-Kiblatain
Die hoofingang van die Masdjid al-Kiblatain.
Die hoofingang van die Masdjid al-Kiblatain.
Ligging  Medina, Saoedi-Arabië
Voltooi  623 n.C.
Status  Aktief
Spesifikasies 
Minaret(te)  2
Koepel(s)  1
Kapasiteit  2 000

Al-Masdjid al-Kiblatain (Arabies: المسجد القبلتین), of die Moskee van die Twee Kieblas, is ’n moskee in Medina, Saoedi-Arabië, wat histories belangrik in die Islam is omdat die profeet Mohammed die rigting van gebed (kiebla) in dié moskee van Jerusalem na Mekka verander het. Dit het daarna twee mihrabs (nisse wat die kiebla aandui) gehad. In onlangse tye is die moskee gerestoureer en die ou mihrab wat in die rigting van Jerusalem wys, is verwyder.

Die Kiblatain-moskee is een van die drie oudste moskees ter wêreld. Baie pelgrims wat die hadj voltooi het, besoek dit vanweë sy historiese belang.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search